Verspreiding van fopnuus rede tot kommer vir die Valke

"Nomthandazo Mnisi, Valkewoordvoerder het bevestig dat daar geen arrestasies gemaak is met betrekking tot die genoemde verslag nie."

0

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek het met kommer kennis geneem van ‘n artikel wat viraal gegaan het, waarin valslik beweer word dat twee Noord-Kaapse LUR’e, drie staatsamptenare en twee ander persone op aantygings van bedrog, korrupsie en geldwassery op Woensdag, 27 Oktober 2021, in hegtenis geneem is.

Nomthandazo Mnisi, Valkewoordvoerder het bevestig dat daar geen arrestasies gemaak is met betrekking tot die genoemde verslag nie.

Dit is hoogstens vals nuus van ‘n onbetroubare bron.

“Alle joernaliste en sosialemediagebruikers word gemaan om berigte te verifieer voordat hulle  dit sirkuleer. Lede van die gemeenskap word steeds aangemoedig om misdaad aan te meld wanneer dit ook al voorkom,” het Mnisi gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.