Versterkingsdosisse vir die Noord-Kaap

 Versterkingsdosisse vir die Noord-Kaap

https://cdn.vox-cdn.com/thumbor/phjQVl009ayha8etRidiw_KRrHs=/0x0:1024×683/1200×800/filters:focal(431×261:593×423)/cdn.vox-cdn.com/uploads/chorus_image/image/70515799/AP21350618393475.0.jpg

Tot op hede het die Noord-Kaap ‘n totaal van 627 904 entstofdosisse aan kwalifiserende mense toegedien sedert die begin van die inentingsprogram op 17 Februarie 2021.

Vanaf vandag, 21 Februarie 2022, sal diegene ouer as 18 jaar wat een dosis van die KOVID-19-entstof Johnson & Johnson ontvang het, kwalifiseer om ‘n versterkingsdosis van dieselfde entstof of ‘n versterkingsdosis Pfizer-entstof te ontvang na ‘n interval van twee maande (60 dae).

Vanaf Woensdag, 23 Februarie 2022, sal individue ouer as 18 jaar wat twee dosisse van die Pfizer-entstof ontvang het, in aanmerking kom om ‘n versterkingsdosis van dieselfde entstof of ‘n versterkingsdosis van die KOVID-19-entstof Johnson te ontvang.

KOVID-19-entstowwe is doeltreffend en bied beskerming teen KOVID-19-infeksie.

Bernadine Hearn

Related post