Vhutu hawe operasies gehou in Kimberley

"Die SAPD van Roodepan, Kimberley en Modderivier het op 22 Julie 2021 'n padblokkade op die N12 by Modderivier gehou."

0

Die SAPD van Roodepan, Kimberley en Modderivier het op 22 Julie 2021 ‘n padblokkade op die N12 by Modderivier gehou.

Hierdie misdaadvoorkomingsoperasie het begin met ‘n formele parade wat deur die distrikskommissaris van die Frances Baard-munisipaliteit, Generaal-Majoor Johan Bean, toegespreek is.

Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Motantsi Makhele,  het bevestig dat die lede het misdaadvoorkomingspligte uitgevoer in Ritchie, waar drie voertuigkontrolepunte in die omgewing opgerig was.

Verskeie voertuigpatrollies is ook uitgevoer, vyf verkeersboetes is uitgereik, 214 voertuie is gestop en deursoek, 317 persone is deursoek en 320 veiligheidsaanwysings is aan motoriste uitgedeel.

Gen-Maj Bean het met motoriste gesels en hulle aangemoedig om die padreëls te gehoorsaam en alle Kovid-19-regulasies na te kom en binne die wetlike voorskrifte te beweeg.

Leave A Reply

Your email address will not be published.