Vier buitelanders vas vir dwelmhandel

0

Die Hartswater-polisie, tesame met die Kimberley honde-eenheid, het vier buitelanders platgetrek, nadat hulle met dwelms handel gedryf het.

Die polisie het verlede Vrydagoggend, ‘n koshuis in Hertzogstraat, op Hartswater deursoek, waar hulle tik en khat ontdek het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die polisie ook beslag gelê het op elf (11) selfone.

‘n Ondersoek is geloods om die eienaars van die selfone op te spoor.

“Die beraamde straatwaarde van die dwelms beloop R 2 845.”

Vier buitelandse mans, tussen die ouderdomme van 46-, 36-, 35- en 25-jaar oud is in hegtenis geneem vir die handel in dwelms.

Al vier verdagtes sal binnekort in die Hartswater-landdroshof verskyn.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.