Vier nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi bevestig

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het gister vier nuwe gevalle van COVID-19, in die Nama-Khoi regsgebied aangemeld.

Die totaal positief bevestigde gevalle van COVID-19, in die Nama-Khoi regsgebied, staan tans op 365, terwyl 250 persone van die virus genees is.

“Dit laat die Nama-Khoi regsgebied, met ‘n totaal van 110 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

Die Departement van Gesondheid het 5 sterftes in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister het ‘n addisionele 242 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Hierdie nuwe toevoeging in infeksies, bring die totaal positief bevestigde gevalle op 20 690 te staan.

Die provinsiale departement van gesondheid, het in ‘n verklaring bevestig dat daar 15 mense is, wat na ander provinsies herverdeel moet word.

17 117 Pasiënte het ten volle herstel, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 83%.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

Die Minister het op Twitter bevestig dat Suid-Afrika ‘n toename in nuwe gevalle getoon het.

“Van vandag af is die totale aantal positief bevestigde gevalle van COVID-19 708 359, nadat 1 461 nuwe gevalle bevestig was.

Die kumulatiewe aantal toetse wat tot dusver uitgevoer is, is 4 607 883, met 26 537 nuwe toetse wat sedert die laaste verslag gedoen is.

Ongelukkig het 85 persone weens die virus gesterf wat die land se COVID-19 verwante dodetal op 18 741 te staan bring.

Ons herstelsyfer staan nou op 641 706, wat dui op ‘n nasionale herstelkoers van 90%.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.