Vier nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi regsgebied aangemeld

0

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand in sy gebruiklike verklaring, die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

Mkhize het ses nuwe gevalle van die virus in die Namakwa-distrik bevestig, met 4 nuwe gevalle vir die Nama-Khoi regsgebied.

Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle op 496 te staan, terwyl 331 pasiënte van die virus herstel het.

“Die Nama-Khoi regsgebied het huidiglik 160 aktiewe gevalle van die virus.”

Die minister het bygevoeg dat nog 56 persone in die Noord-Kaap positief getoets het vir die virus.

Dit bring die provinsie se totale infeksiesyfer op 22 725 te staan, terwyl die provinsiale dodetal 301 bereik het.

Tot dusver het 18 700 persone die koronavirus geklop, wat die provinsie laat met 3 722 persone wat COVID-19 onder lede het.

Foto: Verskaf

Die COVID-19 infeksiesyfer het oornag met 1 842 nuwe gevalle meer geword in Suid-Afrika.

Dit bring die totaal bevestigde gevalle op 751 024 te staan en die dodetal op 20 241.

Tot dusver het 693 467 mense alreeds van die virus herstel, wat dui op ‘n herstelkoers van 92,7%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.