Vier skole in Calvinia-omgewing weens Covid-19 gesluit

'Die volgende skole is geraak, Hoërskool Hantam, Laerskool Hantam, Hoërskool Calvinia en Calvinia Primêre Skool.'

0

Covid-19 het ‘n realiteit kom word in ons gemeenskappe in en om die Namakwa distrik.

Ons skole word al hoe meer hierdeur geaffekteer.

Vier skole in die Calvinia-omgewing was onlangs deur advies van die Departement van Gesondheid gesluit.

Die sluiting van die skole is as gevolg van die COVID-19-uitbraak wat in die Calvinia-omgewing gerapporteer is.

Die volgende skole is geraak, Hoërskool Hantam, Laerskool Hantam, Hoërskool Calvinia en Calvinia Primêre Skool.

Die skole sal met die onmiddellike ingang vir ‘n tydperk van tien dae gesluit bly.

‘n Uitgebreide massatoetsing van leerders, opvoeders en ondersteuningspersoneel van die skole sal deur die Departement van Gesondheid uitgevoer word.

‘n Totaal van 36 positiewe gevalle is tot dusver aangemeld wat opvoeders, leerders en ondersteuningspersoneel by skole insluit.

Die Departement van Onderwys skakel met die Departement van Gesondheid om die situasie in Calvinia te hanteer om die nodige ondersteuning en massatoetsing te bied.

Die onderwys departement is verheug oor die feit dat die Departement van Gesondheid reeds gesondheidswerkers aan skole ge-allokeer het en besig is met massatoetsing om ‘n verdere verspreiding van die Coronvirus te beperk.

Die Departement sal ‘n kurrikulum-inhaalplan opstel om die verlore tyd van onderrig en leer te herstel terwyl die betrokke skole ontsmet word.

Die Departement sal ook die situasie noukeurig monitor en ouers versoek om kalm te bly en alle leerders in isolasie te hou.

Leave A Reply

Your email address will not be published.