Vier Springbok-mans in hof vir R155 000 se dwelms

Die vier verdagtes sal vandag in die Springbok-landdroshof verskyn.

0

Vier mans gaan vandag in die Springbok-landdroshof verskyn, op klagtes wat verband hou met dwelmhandel.

Die Valke se ernstige, georganiseerde-misdaad ondersoekspan, tesame met die Springbok-polisie het gister die vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 34 en 41-jaar, in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Nomthandazo Mnisi het bevestig dat die ondersoekspan toesig gehou het oor ‘n verdagte voertuig, wat swart plastieksakke aan ‘n ander voertuig oorhandig het.

Die voertuig is onderskep en die polisie het ondersoek ingestel.

Een verdagte is met dwelms in sy besit gevind en in hegtenis geneem.

“Die gekonfiskeerde dwelms weeg 0,775 kg, en het ‘n geskatte straatwaarde van R155 000.”

Al vier verdagtes sal na verwagting vandag voor die landdroshof in Springbok verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.