Vierjarige se moordsaak uitgestel

0
Die saak teen ‘n 36-jarige Noord-Kaapse man, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vierjarige seun vermoor het, is tot 26 Oktober uitgestel, ná sy hofverskyning gister.

Die verdagte is oor die naweek in Ikhutseng, op Warrenton buite Kimberley in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het bevestig dat die seun se lyk in die verdagte se huis gevind was.

Ramatseba voeg by dat die verdagte in aanhouding sal bly, tot sy volgende hofverskyning.

“Die seun het vermis geraak nadat hy Vrydag na ‘n plaaslike snoepwinkel gegaan het.”

Die seun het nooit weer teruggekeer na sy huis nie.

Ramatseba sê die polisie het ‘n intensiewe soektog geloods en die seun se lyk later daardie aand by die verdagte se huis, in ‘n boks gevind, toegemaak met ‘n kombers.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.