Vlot N!UU-taal sprekende in die Noord-Kaap oorlede

"Hy was goed bekend met diere- en insekname in die N!UU-taal en as provinsie het ons inderdaad waardevolle kennis van hom verloor, het Fienies bygevoeg."

0

Die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur in die Noord-Kaap, Me Desery Fienies het haar innige simpatie en meegevoel aan die Esau en Sauls-familie  betuig met die afsterwe van Simon Sauls, wat een van die twee mense was wat die N!UU taal kon praat in Suid-Afrika.

“Dit is met hartseer dat ons aankondig dat ons ‘n ander vlotsprekende van die N!UU-taal verloor het’, het Fienies gesê.

Simon Sauls was Ouma Katrina Esau se jonger broer en een van die laaste twee vlot sprekers van die N!UU-taal.

Hy was goed bekend met diere- en insekname in die N!UU-taal en as provinsie het ons inderdaad waardevolle kennis van hom verloor, het Fienies bygevoeg.

Die dood van Saul is inderdaad ‘n groot terugslag vir die behoud en bevordering van die N!UU-taal in die Noord-Kaap.

Sy dood kom net nadat die Noord-Kaapse provinsiale administrasie in samewerking met Puku Books en Ouma Katriena Esau die eerste kinderboek wat op 24 Mei 2021 in die N!UU-taal gepubliseer is, bekend gestel was.

Sauls was ook instrumenteel in die stryd vir die erkenning, behoud, oorlewing en bevordering van diè inheemse taal.

Dit is deur sy pogings dat ons besef dat ons ‘n Afrika-erfenis het waarop ons trots kan wees en nie soos deur die buitelanders weerspieël word nie.

Mag sy dierbare siel in vrede rus.

Leave A Reply

Your email address will not be published.