Vooma-inentingsnaweek suksesvol in Noord-Kaap

"Tot op hede het die Noord-Kaap 'n kummulatiewe totaal van 493 810 entstofdosisse aan kwalifiserende mense toegedien sedert die begin van die inentingsprogram op 17 Februarie 2021."

0

Die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Mnr Maruping Lekwene, vergesel deur die waarnemende HOD, Mnr Riaan Strydom het die afgelope naweek inentingsterreine besoek, as deel van die bekendmaking van die Presidensiële Vooma-inentingsnaweek-veldtog in die provinsie.

Inentingsplekke wat gister gedek was, sluit in; – Sakhile-kliniek in Phokwane plaaslike munisipaliteit en Redirile Nutrition Centre in Sol-Plaatje plaaslike munisipaliteit.

Tot op hede het die Noord-Kaap ‘n kummulatiewe totaal van 493 810 entstofdosisse aan kwalifiserende mense toegedien sedert die begin van die inentingsprogram op 17 Februarie 2021.

Uit die totale dosisse wat gegee is, het 354 953 individue ten minste een dosis ontvang terwyl 300 211 mense volledig ingeënt is (óf met die enkeldosis Johnson & Johnson-entstof of tweede dosis Pfizer-entstof).

Individue wat ten minste een dosis van die entstof ontvang het, maak 36.0% van die Provinsie se teikenbevolking uit (12 jaar en ouer), terwyl 30.4% volledig ingeënt is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.