Voorbereiding van die 16 dae Aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders

"Klem is gelê op geslagsgebaseerde geweld en die identifisering en voorkoming daarvan is onder die aandag van die gemeenskap gebring."

0

Op Woensdag, 24 November 2021, het die lede van Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), gelei deur Galeshewe FCS-bevelvoerder, Luitenant -Kolonel Marli Strydom, ‘n bewusmakingsveldtog gehou.

Die span het insiggewende pamflette versprei en informeel met gemeenskapslede by die Galeshewe Shoprite- en Kagisho Pick en Pay-winkelkomplekse gesels.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock, het gesê dat mense is ingelig oor die pligte van FCS, die dienste wat gelewer word en aan hulle beskikbaar is.

Klem is gelê op geslagsgebaseerde geweld en die identifisering en voorkoming daarvan is onder die aandag van die gemeenskap gebring.

“Ouer persone is ook bewus gemaak van hul regte en die korrekte prosedures vir die indiening van klagtes is aan hulle verduidelik. Die uitreik is gedoen onder die tema vir 2021: “Die jaar van Charlotte Mannya Maxeke – 16 dae van aktivisme – beweeg van bewustheid na aanspreeklikheid”, het Kock gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.