Voormalige munisipale bestuurder in hof vir bedrog

"Die Munisipaliteit het 'n werklike benadeling van meer as R2 miljoen gely."

0

Die 48-jarige voormalige Munisipale Bestuurder by Phokwane Plaaslike Munisipaliteit sal na verwagting op Donderdag, 11 November 2021 voor die Hartswater-streekhof verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van Wet op Munisipale Finansiële Bestuur 56 van 2003.

Nomthandazo Mnisi, Valke woordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat daar word beweer dat die verdagte gedurende 2018 motor- en reistoelae aan dertien (13) werknemers gemagtig het sonder om voorgeskrewe prosedures te volg.

Elke werknemer het R10 000.00 ontvang vir motor- en reistoelae wat teruggedateer is na Julie 2017.

Die Munisipaliteit het ‘n werklike benadeling van meer as R2 miljoen gely.

“Daar word verder beweer dat die verdagte gedurende Augustus 2018 ‘n memo aan die betaalstaatrekenmeester ingedien het om die totale vergoedingspakket van R1 169 406.00 plus 4% landelike toelaag terugwerkend vanaf Julie 2017 te implementer,” het Mnisi gesê.

Deeglike ondersoek deur die Valke se ernstige kommersiële misdaadondersoekspan het aan die lig gebring dat nie die raad of die LUR van die departement van samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (COGSTA) in die Noord-Kaap enige van hierdie transaksies gemagtig/goedgekeur het nie.

Die dagvaarding om in die hof te verskyn teen die verdagte op aanklagte van bedrog en oortreding van Wet op Munisipale Finansiële Bestuur 56 van 2003, is op Vrydag, 15 Oktober 2021 in Vryburg aan haar beteken.

Leave A Reply

Your email address will not be published.