Voorsorgmaatreëls teen KOVID-19 kan jou lewe verleng

"Almal moet 'n gesigmasker behoorlik dra as hulle naby ander mense of in openbare ruimtes in beweeg."

0

Inenting teen Kovid-19 bespaar lewens. 

Uitrolling van die  inentingstowwe

Altesaam is 15 915 mense (60 jaar en ouer) is gedurende fase twee ingeënt, terwyl 9 640 gesondheidswerkers in fase een (Sisonke Early Access Program) ingeënt is.

Die provinsiale totale kumulatiewe aantal mense wat tydens fase een en twee ingeënt is, staan tans op 25 555.

Gemeenskappe word gevra dat hulle gereeld die Kovid-19 protekolle:

  • Sosiale distansïering:

Hou 1,5 tot 2 meter van almal af.

  • Dra van maskers:

Almal moet ‘n gesigmasker behoorlik dra as hulle naby ander mense of in openbare ruimtes in beweeg. Dit beteken dat dit die mond en neus volledig moet bedek en daagliks in seepwater gewas moet word.

  • Handhigiëne:

Gereelde handewas met seep en met lopende water vir 20 sekondes, of die gereelde gebruik van ‘n alkoholgebaseerde handreiniger, is belangrik.

  • Hoes etiket:

Gebruik altyd ‘n sneesdoekie as u hoes of nies, en gooi dit in asblik weg sodra dit klaar gebruik is. Gebruik u geboë elmboog as u nie ‘n sneesdoekie byderhand het nie.

  • Moenie aan u oë, neus of mond raak en vermy die aanraking van oppervlaktes wat besmet is of wat u kan besmet.
  • Bly tuis indien moontlik, en verminder om te reis, veral na gebiede wat bekend is vir hoë  KOVID-19 infeksies.
Leave A Reply

Your email address will not be published.