Vrou 25 jaar gevangenisstraf opgelê vir moord op man

"Op Maandag, 15 November 2021, het Suretha skuld beken en is tot 25 jaar gevonnis vir moord en 'n verdere15 jaar vir roof met verswarende omstandighede."

0

Die  SAPD in die Noord-Kaap verwelkom die vonnis van 25 jaar moord en roof met verswarende omstandighede wat onlangs in die hooggeregshof in Upington aan Suretha Brits (30) opgelê is.

Kaptein Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat die liggaam van Leon Brits (41) is in Oktober 2020 gevind terwyl hy in die swembad by een van sy eiendomme dryf.

Hy het verskeie aanrandings- en steekwonde opgedoen.

“Die verdagtes het met vuurwapens, ‘n selfoon, Krugerrande, geslypte diamante en kontant van die perseel gevlug. Suretha Brits saam met Jacques van Vuuren, Amantle Bareki en Enrich Williams is in verband met die voorval in hegtenis geneem,” het Kaptein Kock gesê.

Jacques van Vuuren is vroeër vanjaar 20 jaar gevonnis vir die moord en roof met verswarende omstandighede.

Op Maandag, 15 November 2021, het Suretha skuld beken en is tot 25 jaar gevonnis vir moord en ‘n verdere15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die verhoor van Bareki en Williams en sal op 22 November 2021 begin.

Kaptein Kock sê dat die SAPD-bestuur het die Ondersoekspan van die SAPD se Provinsiale Georganiseerde Misdaadspeurders geloof vir die noukeurige ondersoek.

Die aanvanklike ondersoek en arrestasies is deur wyle Brigadier Dick De Waal uitgevoer en die dossier is later deur Kol Wilmo Vermeulen en Luit-Kol Pieter Benade oorgeneem.

Die beamptes word geloof vir die puik spanwerk wat gelei het tot die uitstaande vonnisse, tot op hede.

Leave A Reply

Your email address will not be published.