Vrou geboei weens dwelmhandel

0

GALESHEWE – ’n 40-Jarige vrou is gister in hegtenis geneem, weens die handel in dagga.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramasteba het bevestig dat die polisie op inligting opgevolg het en sodoende die verdagte kon vastrek.

‘n Wenk deur ‘n gemeenskapslid was tydens ‘n ontbytprogram by Radio Teemaneng Stereo in Kimberley ontvang, en gevolglik aan die polisie oorhandig.

Die polisie het na ‘n perseel gegaan en begin met ‘n wettige deursoekingsproses.

“Die polisie het dagga ter waarde van R13 000 in die verdagte se besit gevind en gekonfiskeer.”

Ramtseba sê die verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyf, op ‘n klag van dwelmhandel.

Die polisie het die samewerking van die gemeenskap, om misdaad te bekamp deur kriminele aktiwiteite aan te meld, verwelkom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.