Vrou inhegtenis vir half miljoen se dwelms

"Die vroulike verdagte is oorspronklik van Kwazulu-Natal en sal binnekort in die landdroshof op Kimberley verskyn."

0

Die Frances Baard-misdaadintelligensie op Kimberley het met die hulp van die Kimberley K9 -dwelmsafdeling inligting oor beweerde dwelmhandel in Kimberley opgevolg.

Die woordvoeder vir die polisie in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat die polisie het op Donderdag, 30 September 2021, omstreeks 19:00, patrollies  uitgevoer en ‘n Chevrolet Bakkie van Connolystraat in Beaconsfield na Chris Hanipark in Galeshewe gevolg.

Die bakkie is naby die Galeshewe daghospitaal gestop en die manlike bestuurder het uitgespring en van die toneel gevlug. Die polisie het die voertuig deursoek en 23 sakke gewone en hoëgraadse dagga met 3 764 Mandrax-tablette daarin gevind en die 38 -jarige vroulike passasier in hegtenis geneem.

“Die polisie het ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant en die Chevrolet -bakkie, soos dit na bewering gebruik is by die pleeg van ‘n misdaad. Die totale straatwaarde van die dagga en dwelms word op R550 000,00 geraam,” het Kaptein Kock gesê.

Die vroulike verdagte is oorspronklik van Kwazulu-Natal en sal binnekort in die landdroshof op Kimberley verskyn.

“Die distrikskommissaris vir Frances Baard, Majoor Johan Bean het die lede geprys vir hul vasbeslotenheid en onverbiddelik om te verseker dat misdadigers agter tralies gesit word en ons woonbuurte veilig hou. Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor die gemeenskap wat die oë en ore van die SAPD in die stryd teen misdaad is,” sê Bean .

Leave A Reply

Your email address will not be published.