Vrou vas vir moord op kêrel

0

Marope Lenah Molale is 16 jaar direkte tronkstraf opgelê vir die moord op haar kêrel.

Sy het hom daarvan beskuldig dat hy ‘n verhouding met ‘n ander vrou op Dipela in Windsorton gehad het.

Tydens die hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat Marope op 20 Julie 2020 die vrou gekonfronteer het wat na bewering ‘n verhouding met haar kêrel gehad het en haar daarna met ‘n tafellepel in die oog gesteek het,” sên polisiewoordvoerder Kaptein Olebogeng Tawana.

Daarna het sy na haar kêrel se huis gegaan en hom gekonfronteer.

Tydens die konfrontasie het Marope haar kêrel na bewering in die bors gesteek.

Die kêrel het aan steekwonde beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Op Vrydag 15 Oktober 2021 het die Noord-Kaapse hooggeregshof Marope skuldig bevind en haar 16 jaar direkte tronkstraf op twee aanklagte gevonnis.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.