Vroue en die maskers wat hulle dra

“My hart het te groot vir my borskas gevoel"

0

Vroue is geneig om eerder ‘n masker aan te sit as om hulle uitdagings in die gesig te staar. So sê Nama Khoi Raadslid en boorling van Namakwaland, Lisa Minnies. Sy sê  vroue dra verskillende maskers, maar dit het niks met die Kovid19 pandemie te doen nie. Sy sê in plaas om hulle uitdagings in die gesig te staar en daadwerklik aan te pak, dra vroue eerder ‘n masker vir elke geleentheid – ‘n masker vir die kerk, ‘n masker vir die werk, ‘n masker vir my kinders, ‘n masker vir my man, ‘n makser vir my vriendin”.

Dit is die rede hoekom Minnies besluit het om vroue te bemagtig en help deur seminare regoor die streek aan te bied. Sy sê  sy is geboelie op laerskool en kon nooit daaroor praat nie, maar het die letsels gedra.

“As kind was ek baie skaam het baie gehou daarvan om hokkie te speel, dit het my gehelp om  die daaglikse stres en fustrasies op ‘n gesonde manier te hanteer,”onthou Minnies. Sy sê dit is hoe sy die probleem oorkom het. In 1999 het sy  getrou in Kaapstad op die ouderdom van 23 waar sy gewoon het vir ‘n jaar en het in die vroeë 2000 terugetrek Namakwaland toe. Dis waar haar reis in die politiek begin het.

Minnies is ‘n raadslid by die en voorsitter van die veel-party vroue koukus. “Uit onkunde is daar vele kwessies wat nie aangespreek word nie en oor sekere “dinge” word daar glad nie gepraat nie”, sê Minnies.

Sy sê soos baie ander vroue het sy nie altyd gestaan op haar regte as vrou nie en nie altyd die moed gehad om te sê wanneer sy ongelukkig oor iets was nie.

Minnies sê 2011 was vir haar persoonlik ‘n baie slegste jaar en sy het deur diep water gegaan. Sy het toe in die kies-afdelingskantoor gewerk en sy was oorlaai met werk wat erger gemaak is deur haar persoonlike uitdagings. Minnies sê die stres het daartoe bygedra dat sy haar ongebore baba verloor het, haar huwelik het skipbreuk gely en sy het drie keer probeer selfmoord pleeg.

“Na my egskeiding wou ek niks hoor en nie of eens aan my kinders dink nie, ek wou net doodgaan. My hart het te groot vir my borskas gevoel as gevolg van die seer en pyn wat ek ervaar het. Dit was ‘n moeilike pad en ek het dit oorleef met genesing deur vergifnis en het ondersteuning in God gevind. Uit die pyn is die idee vir seminare vir vroue gebore,”verduidelik Minnies.

Die seminare se tema is : Hoe om ‘n sterk onafhanklike en suksesvolle vrou te word. Die seminare bemagtig vroue en moedig hulle aan om hulle maskers af te haal – met geen skaamte, maar eerder om hulself te bevry en hulle probleme te ken en te verstaan.

Minnies sê vroue moet nie net daarna streef om hulself te bemagtig nie, maar ook om poog om van die stigma van mekaar afdruk, aan te spreek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.