Vroue-en jeugmaatskappy moet aanboord kom

"'n Gesamentlike span van Redstone, Acwa en Sepco 3 het onlangs verskeie gemeenskappe toegespreek om hul aktiwiteite en die vordering van die sonkragaanleg te bespreek."

0

Grootskaalse ontwikkeling is tans aan die gang tussen Daniëlskuil (Kgatelopele Munisipaliteit) en Postmasburg (Tsantsabane munisipaliteit) waar een van die grootste hernubare energie-aanlegte opgerig sal word en beloof om ‘n ekonomiese impak op beide munisipaliteite te hê.

Die beplande sonkragaanleg ter waarde van R11,6 miljard sal tussen Postmasburg en Daniëlskuil gebou word, wat die grootste belegging in hernubare energie in Suid-Afrika sal wees en 100 MW sal produseer en tegnologie vir gesmelte sout sal gebruik om energie te stoor.

‘n Gesamentlike span van Redstone, Acwa en Sepco 3 het onlangs verskeie gemeenskappe toegespreek om hul aktiwiteite en die vordering van die sonkragaanleg te bespreek.

“Ons maak goeie vordering en is tans in die eerste fase van hierdie groot projek”, sê Pulane Mogoere, bestuurder vir menslike hulpbronne by Acwa.

Hierdie gemeenskapsvergaderings is ‘n wetlike verpligting van die Departement van Minerale en Energie, waar ‘n platform vir gemeenskapsdeelname geskep moet word.

Tydens die uitreik in die Postdene-gemeenskap was die fokus  op die bemagtiging en ontwikkeling van ondernemings wat besit word deur vroue en jongmense wat ook ontwikkel moet word.

Die onderneming is ten volle bewus van die werkloosheidslandskap en die uitdagings rakende vaardigheidsontwikkeling en die ontwikkeling van klein ondernemings in beide munisipaliteite.

‘n Hulpbronsentrum word ook beplan waar die verskillende gemeenskappe toegang tot inligting en toekomstige ontwikkelingsgeleenthede sal hê.

Die beplande sonkragaanleg was onlangs onder skoot weens die toenemende werkloosheid in beide munisipaliteite.

Griewe van die twee gemeenskappe word tans aangespreek deur middel van die Community Grievance Mechanisms, wat deur die ACWA Power Redstone hanteer word.

Saamgestel deur Horison Media

Leave A Reply

Your email address will not be published.