Vroue neem beheer in die ZF Mgcawu-distrik

“Die waarnemende distrikskommasaris, Kolonel PC Coetzee het die prysenswaardige werk deur die vroue in blou toegejuig, het AO Masegela gesê.

0

’n Geïnisieerde operasie in die ZF Mgcawu-distrik het goeie sukses opgelewer toe vroue in blou onder bevel van (v)Luitenant-Kolonel Wilma Van den Heever op Donderdag, 11 November 2021 ’n opsporing van gesoekte verdagtes-operasie gedoen het.

‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Adjudant-Offisier Omphile Masegela, het bevestig as deel van die voortgesette viering van 50 jaar van vroue in die polisie, het lede van die Upington-speurders, misdaadvoorkoming, korporatiewe kommunikasie en Rosedale-speurders 13 verdagtes arresteer op aanklagtes van onder meer diefstal, opsetlike saakbeskadiging, aanranding en roof.

“Die waarnemende distrikskommasaris, Kolonel PC Coetzee het die prysenswaardige werk deur die vroue in blou toegejuig, het AO Masegela gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.