#VROUEMAAND: Donique Cloete

0

“Die mens is ‘n lewenslange leerder wat nooit moet ophou leer nie, want dit is hoe jy jouself verryk.”

Hierdie is die woorde wat ’n barmhartige, invloedryke jong vrou elke dag saam met haar dra.

Donique Cloete, is ’n 25-jarige vrou, mamma, onderwyseres en radio-omroeper.

Sy doen dit alles terwyl sy besig is met verdere studies.

Met ál hierdie hooi op haar vurk, kry sy dit steeds reg om haar lewe suksesvol te balanseer.

Hierdie jong onderwyseres is vreeslik passievol oor haar beroep.

“Ek is mal daaroor om met kinders te werk. Ek is opgewonde om my kennis met hulle te deel en om hul lewens positief te beïnvloed,” sê sy.

Sy glo dat haar familie en gesin die mense is wat haar dra en ook haar motivering in die lewe is, daarom maak sy seker dat sy tussen alle bedrywighede, kwaliteit-tyd met diegene spandeer.

Cloete vertel dat sy passievol oor haar familie en haar geloof is.

“Ek is van diegene wat onwrikbaar glo dat omstandighede nie jou toekoms bepaal nie, maar dat harde werk, vertroue in jouself én vertroue in die Here, ál is wat ’n mens benodig om suseksvol in die lewe te wees.”

Een van hierdie suksesvolle jong vrou se drome is bewaarheid toe sy die geleentheid gekry het om op die nasionale radio, RSG, te kon praat.

’n Ander hoogtepunt in haar lewe was toe sy die geleentheid gekry het, om met hooggeleerdes en televisie-bekendes om ’n tafel kon sit en saam met hulle deelneem aan ’n paneelbespreking oor die stand van Afrikaans.

Cloete het groot planne met haar studies in die Afrikaanse taal.

Sy beskou ook die paneelbespreking as ’n geleentheid wat sy vir die res van haar lewe sal koester.

Haar sleutel tot sukses is om biddend en positief te probeer bly in alle situasies en om altyd dankbaarheid te betoon.

“As jy geval het, stof jou af en probeer weer.”

Dít is Cloete se motto in die lewe.

Leave A Reply

Your email address will not be published.