#VROUEMAAND: Jongdame leef voluit met spierdistrofie

0

Geen uitdaging te groot vir diè Namakwalandse jong dame.

Sy laat nie dat haar gestremdheid haar onder kry nie, inteendeel sy lewe haar lewe voluit met ‘n lied in haar hart.

Die vriendelikheid van die 24-jarige, Shannon Van Den Heever, is baie opvallend wanneer jy in gesprek met haar tree.

Volgens die Muscular Distrophy Foundation of South Africa, is daar meer as 70 verskillende soorte spierdistrofieë.

Een uit elke 1 200 mense in Suid-Afrika ly aan spierdistrofie, ‘n groep genetiese toetstande wat gekenmerk word deur progressiewe spierverswakking en kwynende spiermassa.

Sy is ‘n bevoorregte dame, wat deel uitmaak van twee families wat baie lief is vir haar en wat haar in alle opsigte ondersteun.

Sy woon tans op Nababeep met haar ma en stiefpa, wat haar soos sy eie dogter grootmaak.

Sy gaan kuier ook gereeld by haar biologiese pa en sy familie op Concordia.

Shannon het ‘n baie hegte band met haar twee families wat haar op alle vlakke respekteer en ondersteun.

Nie een van die twee families beskou haar gestremdheid as ‘n probleem nie.

Shannon sê dat haar oupa Hennie haar grootste steunpilaar is en dat hy vir haar soos ‘n ma en pa is.

Sy waardeer veral sy behulpsaamheid en is baier lief vir hom, voeg sy by.

Haar ondervindig as omroeper by Radio NFM, was vir haar ‘n reis wat sy nooit sal vergeet nie.

Sy sê dat sy so baie daaruit geleer het en dat dit fantasties was om haar storie met Namakwaland te kon deel.

Sy was deel van die Loslitdag-groep van 2019, wat uitgereik het na skole in die Namakwa distrik.

Tydens hierdie toer het sy haar lewensverhaal met baie skoliere gedeel.

Die leerders het haar kontakbesonderhede by haar gevra en sy kon elke dag inspirerende en motiverende boodskappe aan hulle stuur.

Sy spreek haar dankbaarheid uit teenoor Mnr. Strauss, wat haar die geleentheid gebied het om deel uit te maak van die Loslitdag toer.

Die COVID-19 pandemie het, soos sy dit noem, “het

haar lewe tot stilstand gebring.”

Shannon sê werk is skaars in Namakwaland en sy ‘wil nie by die huis lê nie.’

As gevolg van die nasionale staatsinperking, kon sy nie haar nuwe rolstoel gaan kry in Kaapstad nie.

Die pandemie het daartoe gelei dat sy ekstra versigtig moet wees en mooi agter haarself moet kyk.

Haar fokus vir die toekoms is dat sy nie gaan toelaat dat uitdagings haar gaan onderkry nie, want sy dien ‘n lewende God.

Haar boodskap aan Namakwaland is; “Bly positief, bly op jou knieë, lig jou kop omhoog en kyk net voerentoe.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.