#VROUEMAAND: Madeleinne Lesley Brandt

0

Madeleinne Lesley Brandt, ’n hoë-begeesterde individu, met ‘n passie vir die mensdom wat krag vind in haar kwesbaarheid.

Hierdie invloedryke vrou van die Noord-Kaap is voorwaar ’n inspirasie.

Sy het haar skoolloopbaan voltooi in die Noord-Kaap provinsie.

Brandt het gekwalifiseer as ’n politieke-wetenskaplike aan die Universiteit van Stellenbosch en hou ’n MPhil in politieke bestuur.

Oor ’n tydperk van 20 jaar, het Brandt in verskeie senior-hoedanighede, binne die uitvoerende en wetgewende arm van die Suid-Afrikaanse staat gedien.

Sy is ook ’n gekwalifiseerde lewensafrigter met ’n sertifikaat wat sy van die Universiteit van Stellenbosch verkry het.

Brandt se lewe het heeltemal verander toe sy in 2018 ’n moeder geword het.

Sedertien maak sy haar seun ‘intiem’ groot.

‘Maggie se kombuis’, is ’n nie-winsgewende organisasie wat Brandt begin het.

Dit is vernoem na haar oorlede ma.

Brandt voed tans behoeftige inwoners in die Namakwa-distrik Munisipale area tydens die globale inperkingstyd.

Sy het ook skenkings ontvang om moeders en babas te help met doeke en formule.

“Madeleinne is ’n formidabele vrou en beslis ’n groot seёning vir die Noord-Kaap.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.