Vrouemaand op ‘n veilige noot af te sluit

"Al die sprekers het herhaal die belangrikheid van vroue in die samelewing en die werksplek en die belangrikste is die waarde wat hulle toevoeg tot die lewens van hul gesin."

0

In die Noord-Kaap is Vrouemaand afgesluit met ‘n twee dae operasionele aksie onder die tema Operasie Basadi.

Die sluitingsoperasies is op 30 en 31 Augustus 2021 in die groter Springbok-gebied in Namakwaland uitgevoer.

Die provinsie is vereer met die teenwoordigheid van die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, Me. Nomandla Bloem, die departementshoof, Mnr Dichaba, die Namakwa-distrikshoofsweep, Me. Jack, die provinsiale kommissaris van die Vrystaat, Luitenant-Generaal BB Motswenyane, die provinsiale kommissaris van Mpumalanga, Luitenant -Generaal SD Manamela sowel as die provinsiale hoof van misdaadintelligensie in die Vrystaat, Majoor MA Makhele sowel as uitvoerende lede van die provinsiale GPF -raad en ander eksterne rolspelers, insluitende korrektiewe dienste en die provinsiale en plaaslike Verkeersdepartemente.

“Die tweedaagse aksies het deel uitgemaak van Operasie Basadi wat gelei was deur die adjunk -provinsiale kommissaris: Misdaadopsporing, Generaal-Majoor Koliswa Otola as die algemene bevelvoerder wat bygestaan was deur vroulike provinsiale hoofde,” het polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kolonel Mashay Gamieldien, gesê.

Die waarnemende provinsiale kommissaris, Generaal Majoor Joey Kers, bied sy volle steun aan die vroue-operasies.

Vroulike wetstoepassers van die SAPD, provinsiale en plaaslike verkeer en die departement van korrektiewe dienste is toegespreek tydens die operasies wat op 30 en 31 Augustus 2021 in Springbok plaas gevind het.

Gamieldien het gesê dat die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, Me. Nomandla Bloem, die waarnemende provinsiale kommissaris, Generaal Majoor Joey Kers, die provinsiale kommissarisse van die Vrystaat en Mpumalanga en uitvoerende lede van die Provinsiale Gemeenskapspolisiëringsraad het kragtige boodskappe van ondersteuning gegee tydens die parades voor die lede vertrek  het om hul operasionele pligte uit te voer, insluitend voertuigkontrolepunte, padblokkades, stop en voertuigvisenterings.

Die boodskappe wat gelewer was het almal gehandel  oor die tema: Geslagsgelykheid: die verwesenliking van vroueregte vir ‘n gelyke toekoms.

Die Vioolsdrift “Port of Entry” grens aan Namibië is ook besoek deur die afvaardiging waar lede dienste verrig het.

Die LUR, Me. Nomandla Bloem en haar gevolg het met motoriste in gesprek getree by die padblokkade op die Okiep/Steinkopf nasionale pad.

Sy het ook reklame-artikels oorhandig aan motoriste wat by die padblokkade gestop en deursoek was.

Verskeie sigbare polisiëringsoperasies  is uitgevoer op verskillende plekke in die groter Springbok-gebied waartydens 716 voertuie gestop is, 1 153 persone deursoek is, 20 boetes vir verkeersoortredings uitgereik is.

Dagga en TIK was op beslag gelê tydens stop- en deursoekaksies in die SSK.

Drie mans is gearresteer vir die besit van dwelms en sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

Al die sprekers het herhaal die belangrikheid van vroue in die samelewing en die werksplek en die belangrikste is die waarde wat hulle toevoeg tot die lewens van hul gesin.

Leave A Reply

Your email address will not be published.