# VROUEMAAND: Ouers is kosbare juwele, waardeer hulle!

0

‘n Vrou van Namakwaland, in die Noord-Kaap is tans besig om ‘n besigheidsverskil te maak in Paarl, in die Wes-Kaap.

Chantel van den Heever, is ‘n vrou wat haar drome nagestreef het en vandag leef sy dit uit deur middel van haar werk.

Van den Heever is ‘n boorling van Concordia en sy glo vas dat niks en niemand haar onder kan kry nie.

Diè merkwaardige vrou het al pyn in haar lewe ervaar, maar nie eens dit, het haar ondergekry nie.

Deur haar deursettings- en uithouvermoë, is sy die trotse besigheids-eienaar van haar eie skoonheids-salon in die Wes-Kaap.

Sy is die middel-kind van Frank en Beverley Van den Heever, asook hul enigste dogter.

Sewe jaar gelede, in die maand van September het sy haar ma aan die dood afgestaan en sy praat met soveel deernis en liefde van haar moeder.

Vir haar was dit die mees harsteerste ervaring en tog onthou sy dit asof dit gister was.

“Dit is ‘n pyn en hartseer in my lewe wat ek nog nooit in so ‘n mate ervaar het nie.”

Vir haar was haar moeder haar beste vriendin, haar cheerleader, die persoon na wie sy kon gaan as sy afdae gehad het en op wie se skouer sy kon huil, al was dit soms onbedaarlik.

Ook kon sy haar diepste geheime met haar moeder deel, wat haar vertroueling was.

Wanneer Chantel in haarself getwyfel het, was dit haar ma wat haar herinner het dat sy tot meer instaat is en dat sy nie as ‘n mislukking grootgemaak is nie.

Die inspirerende woorde wat haar ma met haar gedeel het, “Jy kan en jy sal gaan, maak nie saak hoe groot jou droom is nie, net jy kan dit bewaarheid”, sal sy nooit vergeet nie en is op haar ‘hartsbord’ uitgegrafeer.

Een eienskap van haar wat haar sal bybly, is haar ma se sterk geloof.

Die verlange na haar ma sal altyd daar wees, en die herinneringe aan haar sal sy altyd koester.

Tòg is daar nog sò baie toekomsplanne wat sy saam met haar moeder wil deel, maar sy weet dis onmoontlik.

Verder voeg sy by dat sy met die mees liefdevolste vader geseën is, sonder hom sou sy nie geweet het hoe om deur baie uitdagings te kon kom nie.

Sy is en was geseënd om twee ouers te kon hê en kan hê.

‘n Moeder en vader wat alles vir hulle kinders sal doen.

Die COVID-19 pandemie het haar emosies en haar besigheid beïnvloed.

Sy sê as sy nie huis toe gekom het nie, sou sy ‘n heel ander persoon gewees het, as die een wat sy nou is.

Emosioneel het sy sterker geword, en het tot die besef gekom hoe sterk vroue kan wees.

“Hoe gaan ek my skuld betaal, en dit was altyd die hoekoms en die waaroms, sê sy.

“Dis dieselfde soos om jou eie besigheid te begin, hoe gaan dit werk?

Jou verhouding met jou ouers, is die eerste van vele goeies, wat jy sal ervaar.”

Haar woorde aan kinders wat nog hul ouers het, ‘eer jou vader en moeder, waardeer hulle, aanvaar hul frustrasie. Spandeer soveel tyd saam met hulle as wat jy kan’.

Haar besigheid was een van die besighede wat geraak was tydens die staat van inperking en sy noem dat daar nou so baie reëls met  besighede gepaardgaan.

Wat nou vir haar belangrik is tydens die pandemie, is om gesond te bly.

Leave A Reply

Your email address will not be published.