#VROUEMAAND: Plaaslike tiener klop álle vroue uitdagings (Deel 1)

0

Wanneer Candice Jacobs die stem van haar dogertjie hoor, as sy roep ‘Mammie’, bring dit ‘n kalmte in haar hart navore, maar ook dankbaarheid teenoor die Here, vir wat Hy vir haar kom doen het.

Jacobs het so baie deurgemaak en skroom nie om te deel nie.

Haar reis met die premature geboorte van haar dogter het haar ‘n vegter gemaak.

“Casey word twee op die 13de Augustus.”

Deur dit het sy besef dat daar soveel is wat sy kan bied.

Haar kind se geboorte en die aanrandings wat sy moes verduur, het selfbeheersing in haar lewe laat posvat.

Candice sê dat mens moet praat oor waardeur jy gaan en dit nie vir jouself hou nie.

“Jy moenie bang wees nie, daar is hulp.”

Sy het op vier maande uitgevind dat sy swanger is en het nie geweet hoe om die nuus te verwerk nie.

Sy het innerlike konflik ervaar en was teleurgesteld in haarself.

Op ses maande was sy gehaas na die hospitaal want, “die kind wou afkom”.

Sy het saam met die dokters baklei vir haar baba se lewe.

Op dag vier van hospitalisasie, het die mediese personeel van Springbok-hospitaal hul bes probeer om haar en haar kind se lewens te red.

Op die vyfde dag het vier dokters na haar gekom en haar gesê dat sy geboorte moet skenk.

Casey kon by geboorte nie huil nie en moes met mediese hulp asem haal omdat haar longe nie ten volle ontwikkel was nie.

Op daardie oomblik het sy so kliphard gebid in die kraamsaal, dat niemand haar kon keer nie.

Sy het die Here se naam so kliphard aangeroep en hom gesmeek dat Hy  nie vir Casey moet vat nie.

Casey het wonderbaarlik ‘n keel opgesit en het 900g by geboorte geweeg en was 28cm lank.

Baie van Casey se organe was nie ten volle ontwikkel nie, en haar kanse op oorleweing was 50/50.

“Pypies moes in haar keel afgesit word, sodat sy kon asemhaal.”

Dieselde dag nadat sy geboorte gegee het, was sy Upington toe gevlieg.

Die onsekerheid het gevreet aan Candice, want sy was nie seker of sy weer huistoe sal kan gaan nie.

“Ek moes alleen gaan, maar binne-in my hart het ek geweet dat God saam met my is.”

Die dokters, wat saam met haar gewerk het, was amal daar met haar aankoms en in ‘n oogwink was haar baba aan masjiene gekoppel.

Daar was so baie bedrading in haar liggaampie.

Jacobs kon haar hand met net twee vingers vashou en vir haar sê dat alles “oukei gaan wees”

Die dokter het haar gesê dat sy vir 5-maande in die hospitaal sal wees, as Casey dit sou maak.

Sy was op aarvoeding en Candice moes haarself elke dag uitmelk en haar baba deur ‘n pypie voed.

Jacobs moes haar baba se masjiene ken, wat vier verskillende suurtsof masjiene was, en wanneer dit afslaan.

Casey kon nogsteeds nie op haar eie asem gehaal het nie en het ‘n gatjie in haar hart  gehad.

Sy het drie keer infeksies opgedoen, “wat nie bo-oor 10% mag wees nie maar, sy het dit elke keer op 200% gekry.”

Die hospitaal het vir haar soos ‘n huis begin word.

Wanneer sy by haar baba was, het sy vir haar gesing.

Jacobs het ‘n verskriklike mooi stem en hou daarvan om haar talente uit te leef.

Sy het vir al die babas en moeders gesing en was ook die jongste van die ma’s in die hospitaal.

Later het sy opgetree by ‘n dinee wat die dokters vir die mammies gereël het.

Die ondersteuning van haar tuisdorp was vir haar oorweldig.

Jacobs sê dat haar familie, vriende, geloofsfamilie en so baie ander vir haar en haar baba gebid het vir ‘n wonderwerk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.