# VROUEMAAND: Plaaslike tiener klop álle vroue uitdagings (Deel twee)

0

Die eerste artikel oor Candice Jacobs het baie lesers se harte aangeroer.

Dankbaarheid kan in haar oë gesien word wanneer sy verwys na die artikel, omdat sy bemoedigende boodskappe vanaf die lesers ontvang het.

Die boodskappe het haar hoop gegee en sterker gemaak.

Sy spreek haar waardering uit teenoor die lesers.

Dis nou al twee jaar vandat haar dogtertjie prematuur gebore is.

Sy het drie maande na haar geboorte in die hospitaal deurgebring.

Haar grootste dankbaarheid is teenoor die Here, vir wat Hy vir haar en haar dogtertjie gedoen het.

Casey, is ‘n vegtertjie en Candice het haar benoem, ter ere aan haar oorlede suster.

Op agt maand  het sy haar lewe verloor in die hospitaal op Port Nolloth, en alhoewel sy ‘n sterk en gesonde baba was, was haar een long te swak.

In Candice se kinderjare het sy al seer en pyn ervaar en dit het van haar op die ouderdom van 22 jaar ‘n vegter gemaak.

Sy noem dat sy hoop en vertrou dat haar lewens-ervaring ‘n verskil in ander vroue se lewens sal teweeg bring.

Terwyl sy met Casey in die Upington hospitaal was, het sy self amper haar eie lewe verloor, want sy het deur so baie  gegaan en haar liggaam was te swak.

As gevolg van ‘n baarmoeder infeksie wat sy opgedoen het, was sy vir ‘n wyle aan masjiene gekoppel.

Sy kon vir ‘n week nie eet nie en het alles opgebring.

Sy was hierna genoodsaak om haar ma ‘n WhatsApp-stembrief te stuur, en gevra dat hulle vir haar moet bid.

Candice sê sy wou opgee.

Sy het haar ma-hulle gevra om vir Casey te kom haal as sy dit nie sou maak nie.

Sy sê dat sy soos ‘n mens gelyk het wat kanker het en dat sy bleek was en uitgeteer voorgekom het.

Sy het geen krag in haar gehad om te baklei nie.

In haar pyn wat sy deur gemaak het, noem sy dat die Here ‘n tannie gestuur het, wat na drank geruik het, wat ‘n doek om haar maag gedraai het.

Die tannie het haar in die stilte gedokter, met ‘n ander dame wat saam haar in die kraamsaal gelê het.

Die dame se ouma en haar ma het haar  “grootmens-raad” gegee en daardeur het sy vriende gemaak.

Sy sê dat sy ‘n breakdown gehad het.

Candice het letterlik in depressie verval en was ‘n emosionele wrak.

Sielkundige hulp was vir haar ingeroep, maar al wat sy kon doen was om te staar na die plafon.

Casey het baklei en sy kon dit sien, en dit het gemaak dat sy vir haar eie gesondheid beklei het.

‘n Goeie herinnering wat haar altyd sal bybly was dat sy vir die verpleegsters in die hospitaal gesing het, en almal het later saam begin sing.

Sing het Candice se pyn gestil.

Sy dink dit was een van God se maniere om haar tot stilstand te bring, want sy was besig om weg te dwaal van Hom.

In die drie maande wat sy in die hospitaal was, het haar geloof in die Here haar sterk gemaak en het dit haar nader aan God gebring.

Sy kan wel getuig dat sy met ‘n gesonde baba terug Okiep toe gekom het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.