Vrouemaand-uitreikingsprogramme lewer suksesse in Namakwa-Distrik

0

Die Namakwa Distrik Munisipaliteit doen steeds hul deel vir Vrouemaand, deur uitreikingsprog ramme te loods in die verskillende gemeenskappe.

“Om dames in sport te vier en erkening te gee, is die hoofdoel van die Vrouemaand-uitreikingsprogramme.”

Nóg ’n doel is om bejaardes in die gemeenskappe te verseker, dat hulle nie vernalatig moet voel nie, maar dat hulle steeds die hoekstene van ons gemeenskappe is.

Die vrouemaanduitreikingsprogram is onder leiding van die uitvoerende burgemeester, raadslid Mervin Cloete, in samewerking met die departement van sport, kuns en kultuur.

Om te verseker dat vroue-sport in Namakwaland hoog op die prys gestel word, het die span netbal-toerusting aan verskeie netbalspanne in die Karoo-Hoogland en Hantam munisipaliteite oorhandig.

Die uitreikings program het begin op Sutherland en is uitgebrei na Fraserburg en Williston.

Die Greenleaves-netbalspan op Sutherland en Red Waves-netbalspan op Fraserburg, het alreeds hul toerusting ontvang.

Die groep is huidiglik besig met Birds United-netbalspan op Williston.

Komberspakkies en toiletware is ook in dié gemeenskappe uitgedeel.

Op Donderdag gaan die span voortgaan met liefdadigheid op Nieuwoudtville, met die stigting van ’n Vroue-sportraad, nog oorhandigings van sport-toerusting, in samewerking met Karoo-Hoogland Munisipaliteit.

Die programme is ook onder leidng van die vroueburgemeester, Veruscha Wentzel en munisipale bestuurder, Jannie Fortuin, asook die speaker van die Distrik Munisipaliteit, Gillian Pieterse.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.