Vrouemaand: Die slakkepas van die lewe hou terug van jou ware self

"Daar is iets soos “Create your own world”. "

0

Geloofsvrou, vroue aktivus en berader, Coleen Cloete, woonagtig op Nababeep het na haar skoolloopbaan in die Wes-Kaap gaan woon.

Daar het sy gaan trou en het selfs deur baie dinge gegaan.

Sometimes we are stuck in our way of thinking,” en daarom maak sy dit haar werk om met vrouens, jeugdiges en deolistiese families te gesels.

Daar is iets soos “Create your own world”. 

In haar grootword jare was sy ‘n ander tipe kind en haar ouers het haar nie verstaan nie.

Sy het bonatuurlike goed ervaar en hulle het nooit antwoorde vir haar gehad nie.

Voor sy getrou het, het sy ‘n droom gehad van haar ma, wat haar kom besoek het in ‘n pikswart rok en niemand kon haar verduidelik wat die droom beteken het nie.

Dit was ‘n teken dat sy nie moes trou nie.

Wanneer ‘n mens verlief is kan niemand jou sê nie en sy het gaan trou.

Vinnig was haar “bubble” gebars en sy was net drie maande getroud.

‘n Negatiewe afdraai het gemaak dat sy deur so baie moes gaan.

Haar persepsie was dat sy nou getroud is en op haar gelukkigste is en toe kom daardie noodlottige nag.

Dit is die aand wat sy in die hospitaal beland het.

“Die sogenaamde liefde het gemaak dat ek weer en weer vergewe en vir sewe jaar was ek vasgevang in ‘n “abusive” huwelik. Dit is omdat ek ook nie werklik geweet het waarheen om te gaan, alhoewel ek gewerk het, kry ons soveel redes, hoekom en daarom het ek gebly,” het Cloete gesê.

As tiener was sy ongehoorsaam teenoor haar ouers, en ongehoorsaamheid se vrugte is bietjie vrot.

Tieners moet hul ouers gee wat hulle nodig het.

As sy terugkyk op haar reis dan sien sy dat sy op ‘n slakkepas was.

Vandag besef sy dat sy so baie dinge in die lewe al kon bereik het, maar sy was op die stadige, onkundige pad, besaai met heuwels en klippe.

Op die vinnige pad, is die pad waarop jy die regte mense ontmoet en kennis inwin.

Sy het besef dat sy soveel meer het om te bied in die lewe.

Vrouens wat deur marteling gaan, moet weet dat die vyand sou nie so op haar gefokus het as sy nie iets goeds in haar binneste gehad het nie.

”Soos jy nou daar voel, magteloos, “depressed,” dit is ‘n leuen en ek was in so ‘n diep stadium van my lewe en die Vader stuur vir Cedric Williams wat kom dienste hou het. Daai was my ontmoeting ook met God”, sê Cloete.

Wanneer verwerping kom, dan voel jy ongeliefd en dat jy vir niemand niks kan beteken nie en diè gevoelens is leuens.

Wat God aan gebrokenes wil sê is dat jy die appel van Sy oog is en dat Hy jou onvoorwaardelik lief het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.