Vroulike wetstoepassingsparade in Kimberley

0

Gister het ‘n vroulike wetstoepassingsparade In Kimberley, deur die polisie, Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die departement van korrektiewe dienste en plaaslike verkeer gelei, ter afsluiting van Vrouemaand.

Die geleentheid het by die N12 Suidweegbrug plaasgevind.

Die polisie se provinsiale kommissaris, Luitenant Generaal Risimati Shivuri, het vroue wat die parade bygewoon het, op hul waarde toegespreek en hulle vereer.

Shivuri het ook alle mans tot aksie geroep om vrouens te respekteer, te versorg, op te hef en te beskerm.

Die Streekskommisaris vir korrektiewe dienste, Subashini Moodley, het ’n boodskap van ondersteuning gelewer en vroue adviseer om aan te hou werk aan hul studies, loopbane en lewens, in geheel sodat hul hulle drome kan bereik.

Die provinsiale LUR vir Vervoer, veiligheid en skakeling, Nomandla Bloem het die hoofrede vir die geleentheid gedoen.

Die hele parade het na Campbell gereis, om meisiekinders van die Aalwyn Intermediêre skool toe te spreek.

Meer as 200 dogters is bederf met toiletware en sanitêre doekies.

Vanjaar se tema was “Generasie Gelykheid: Besef vroueregte vir ’n gelyke toekoms”

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.