Vurige politieke debat op Radio Nfm – groot beloftes word gemaak

"Elke teenwoordiger van die genoemde politieke partye het hul party se manifesto of strategie in onder twee minute met die gehoor gedeel."

0

Die beloofde oop politieke debat op Radio Nfm het kiesers hard aan die dink vir wie hulle in die komende plaaslike munisipale verkiesing moet stem .

Die debat het plaas gevind op Woendag (27Okt) by die Okiep Rec klub. Verskillende politieke partye en onafhanklike kandidate wat deel geneem het, was die Patriotic Alliance, National Economic Fighters, Namakwa Civic Movement, Khoi San Revolution, Freedom Front Plus, Economic Freedom Fighters, Democratic Alliance, Congress of the People, African National Congress, en James Malgas wat hom as onafhanklike kandidaat verkiesbaar gestel het.

Elke teenwoordiger van die genoemde politieke partye het hul party se manifesto of strategie in onder twee minute met die gehoor gedeel.

Van die manisfestos het die volgende deur gegee: dienslewering te verbeter, ekonomiese geregtigheid, korrupsie te ontwortel, Godsdiens in skole terug te bring, toeganklike gesondheidstelsel, personeel op meriete aanstel, groeiende behuisingnood , geleentehede vir jeugdiges te skep, kabeldiefstal te bekamp, bestuursplanne vir instandhouding, oorlog voer teen jeug werkloosheid en die veiligheid van mense te priotiriseer.

Met die oog op geslagsgebaseerde geweld, was ‘n vraag aan die paneel gevra rakende die euwel wat nogsteeds in baie huishoudings afspeel.

Werkloosheid was een van die redes waarom GBV plaasvind het na vore gekom.

Terugvoering wat ontvang was, was onder andere om ‘n infrastruktuur te skep vir ‘n rehabilitasiesentrum te skep om sodoende vir Namakwa sy eie sentrum op die been te bring.

Gemeenskapspolisïesing moet ook weer terug gebring word en maatskaplike werkers wat die gemeenskappe kan help.

Leave A Reply

Your email address will not be published.