Vyf in hegtenis vir Hartswater-moorde

0

HARTSWATER – Die polisie het onlangs vyf verdagtes in hegtenis geneem, op klagtes van roof, ontvoering en moord op drie familielede.

Die gru-aanval het op ‘n plaas, in die Magogong-omgewing, naby Hartswater in die Noord-Kaap plaasgevind.

‘n Nasionale polisiewoorvoerder, Brigadier Vishnu Naidoo, het bevestig dat drie liggame teruggevind is.

“Dit kom nadat ‘n bejaarde, afgetrede egpaar, Danie en Breggie Brand en hul dogter, Elzabie, op Sondag wreed en noodlottig aangeval is.”

Elzabie het by haar ouers gekuier, uit Gauteng, ten tyde van die voorval.

“Hulle is in twee van hul eie voertuie deur ‘n groep verdagtes ontvoer.”

Naidoo het in ‘n stemnota bevestig dat die liggaam van Elzabie in ‘n veld, in die Takaneng-dorpie, naby Taung in die Noordwes-provinsie gevind was.

In daardie stadium het die soeke na haar ouers voortgeduur.

Die polisie se ondersoeke duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.