Vyf nuwe COVID-19 gevalle in Nama Khoi bevestig

0

Die Minister Van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister vyf nuwe gevalle van COVID-19 vir die Nama Khoi regsgebied bevestig.

Die Nama Khoi regsgebied het tot op hede 409 gevalle van die virus bevestig.

250 Persone het ten volle herstel van COVID-19.

“Die Nama Khoi regsgebied het 154 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

Jongste COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister het nog 56 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die kumulatiewe totaal, op 21 433 positief bevestigde gevalle te staan.

Die provinsie se totale aantal herstellings staan tans op 17 540, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 82%.

Jongste COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

In Suid-Afrika was daar 891 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal bevestigde gevalle op 716 759 te staan bring.

Die land se dodetal het 19 08 bereik, nadat 40 nuwe COVID-19 verwante sterftes bevestig was.

Die herstelsyfer het intussen tot 646 721 gestyg, wat die land met ‘n totaal van 51 030 aktiewe gevalle laat.

Globale COVID-19-infeksies, het 43.1 miljoen bereik, met die dodetal dodetal 1 155 000.

Leave A Reply

Your email address will not be published.