Vyf verdgates inhegtenis vir diefstal van koperkabels

"Die span het die inligting begin opvolg en 'n intensiewe soektog na die verdagtes begin."

0

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat Transnet-kontakkabels ter waarde van R150 000 na bewering naby Windsorton gesteel is.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat op Maandag 23 Augustus 2021 omstreeks 22:30 het die Fidelity Security Service en die SAPD Frances Baard Kluster Taktiese Span op die kontakkabeldiefstal-klag gereageer.

Die span het die inligting begin opvolg en ‘n intensiewe soektog na die verdagtes begin.

Op Woensdag, 25 Augustus 2021, omstreeks 05:30, het die span ‘n verdagte orange Ford Wildtrack-bakkie naby Christiana opgemerk en dit op die N12-Noord begin volg.

“Die bakkie het begin vinnig jaag en die span het Wolmaransstad SAPD gekontak wat die verdagtes in hul omgewing gestop het. Die bakkie is voorgekeer en deursoek en 400 kg kontakkabels, twee boutsnyers, 3 houtdruppels met rekkies is op die voertuig gevind. Die vyf manlike verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het ook op die bakkie beslag gelê, soos dit na bewering in die misdaad gebruik is,” het Kock gesê.

“Die Kommissaris van die Frances Baard-groep, Majoor Johan Bean het die Fedility Security Service, die Frances Baard Kluster Taak Span en die Wolmaransstad SAPD geprys vir hierdie uitstekende spanwerk wat gelei het tot die aanhouding en inhegtenisneming van die verdagtes en konfiskering van die gesteelde items.

Die polisie sal nie toelaat dat misdadigers die noodsaaklike infrastruktuur beskadig nie en sal geen steen onaangeraak laat om te verseker dat oortreders voor die gereg gebring word nie,” het Bean gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.