Water, mees belangrike bron (Pella)

"Daar is 90% werkloosheid in die gebied en die myn het probeer om voedingsgeld te bewillig, want daar is baie kinders in Pella, wat nie daagliks kos het nie."

0

Die Pella gemeenskap het op Maandag, 22 Maart 2021, bymekaar gekom om protes aan te teken teen die voorgestelde voorafbetaalde waterstelsel.

Hulle voel dat hul burgerlike regte geskend word vanweë ‘n water projek wat op hulle afgedwing word.

‘n Aktivis van die gemeenskap, Jood Engelsman het met Radio Nfm Nuus gesels oor die ontevredenheid van diè gemeenskap.

Pella gemeenskap voel dat die plaaslike politici wil voordeel trek uit hierdie be-oogde water projek wat hulle in die afgrond in sal dryf.

Engelsman het bekend gemaak dat die gemeenskap sit met n baie groot krisis, ‘n water meter wat die munisipaliteit en ‘n seker onderneming wil installeer in hul gebied.

Hy het genoem dat hulle in die Pella omgewing besig is om te stagneer.

Daar is 90% werkloosheid in die gebied en die myn het probeer om voedingsgeld te bewillig, want daar is baie kinders in Pella, wat nie daagliks kos het nie.

Die myn het besluit dat die parlement en ‘n onderneming genaamd BBL besluit het om groente tonnels te installeer, vir die kweek daarvan vir eie gebruik.

Engelsman wat ‘n senior burger is, sê dat die groente tonnels werk en dat jy daaruit kan lewe.

Daar is bykans oor die 200 tonnels in Pella, waarvan dit maar ‘n klein plekkie is.

Jood voel egter dat die goeie daad ten gronde sal gaan as gevolg van die water wat die gemeenskap nie sal kan bekostig.

Pella is ‘n baie warm plek en selfs in die Winter is die hoogste grade 34grade en dit lei daartoe dat jy baie meer water gebruik word.

Gereeld moet daar hande gewas word as gevolg van Kovid-19.

Hy verwys daarna dat hulle nog die droë put stelsel het wat so 60meter van die huis af sit, met geen  water geriewe of krane nie.

Daar word gebad in ‘n klein skotteltjie, só daar is geen water vermorsing in Pella nie.

Baie goed is verkeerd op Pella en niemand is bekommerd oor die gemeenskap se agteruitgang nie.

“Terwyl die water so volop is kan n dam gebou word sodat daar altyd water beskikbaar sal wees vir ons mense.

Nou moet die mense vir die water betaal.”

Hy maak bekend dat hulle nou nie kan voorhou met die koop van krag nie, wat nog te sê met die water.

Sy noodkreet is dat as daar enigiemand is wat kan help, na vore moet kom om te help, veral vir Ina Basson, omdat sy opstaan vir die regte vir haar gemeenskap.

“Jy kan nie sonder water wees nie, want water is die mees belangrikste bron wat daar kan wees.

Jy kan n dag of twee sonder kos bly, maar jy kan nie sonder water nie”, sệ Engelsman.

Leave A Reply

Your email address will not be published.