Watervlakke lyk baie belowend in Noord-Kaap

Die vloei by Upington was 1300 kubieke meter per sekonde, terwyl die Oranjerivier tans sterker vloei.

0

Die departement van Water en Sanitasie het vroeër hierdie week in hul nuutste verslag, die jongste damvlakke en statusse van waterreservoirs bekendgemaak.

“Die ikoniese Vaaldam wat aan die Vrystaat en Gauteng grens, het gestyg tot ‘n
stoorkapasiteit van 78,36% vol met ‘n invloei van 498 kubieke meter per sekonde, en ‘n vrystelling van 17,6
kubieke meter per sekonde.”

“Die Bloemhofdam is op 102% van sy opbergingsvermoë, met ‘n onderhoud
uitvloei van 101 kubieke meter per sekonde.”

“Die Gariepdam is 119,7% vol met ‘n gesamentlike uitvloei van 2660 kubieke meter per sekonde, terwyl die
Vanderkloofdam wat aan die Vrystaat en Noord-Kaap grens, spog met ‘n kapasiteit van 111,07%, met ‘n invloei van 2660 kubieke meter per sekonde, en ‘n gesamentlike uitvloei van 1794 kubieke meter per sekonde.”

‘n Woordvoerder vir die departement, Sputnik Ratau het gesê die Douglas Storage Weir het ‘n hoogtepunt van 136.4% bereik.

Alle watergebruikers insluitend besproeiings – en veeboere, visvang, mynbou en
ontspanningsaktiwiteite langs die Oranje- en Vaalrivierstelsels, word aangeraai om sover moontlik weg te bly van riviere.

“Almal word versoek om vee te verwyder, waterpype en ander werkstoerusting uit die water te verwyder om skade aan eiendom te voorkom.”

Gemeenskappe word ook gewaarsku om op gereedheidsgrondslag te wees as paaie, brûe, damme en waterkanale in sommige dele van die provinsie en land oorstroom word.

Die onder-Oranjerivier-stelsel het die volgende vlakke op verskillende vlakke aan
meetstasies aangeteken:

  • Die vloei by Katlani was 2000 kubieke meter per sekonde.
  • Die vloei by Prieska was 1661 kubieke meter per sekonde en op die stygende ledemaat.
  • Die vloei by Upington was 1300 kubieke meter per sekonde en op ‘n resessie.
  • Die vloei by Blouputs was 1091 kubieke meter per sekonde.
Leave A Reply

Your email address will not be published.