Watervoorsiening en Elektrisiteit in Nama Khoi regsgebied

0

Inwoners van Nababeep se watertoevoer word geaffekteer weens die onderbreking in elektrisiteit toevoer na Garagoup pompstasie wat gisteraand deur Sedibeng Water aan Nama Khoi gerapporteer is.

Munisipale amptenare het die probleem uitgesorteer, maar aan die kant van Sedibeng Water ondervind hulle nog probleme.

Amptenare van Nama Khoi Munisipaliteit is op die terrein om Sedibeng Water se elektrisiën te assisteer.

Hersteltyd is nog onbekend.

Water sal met ’n watertrok na geaffekteerde areas vervoer word.

Elektrisiteit in Springbok areas naamlik Bergstraat, Overberglaan en omgewing word geaffekteer weens ‘n foutiewe kabel.

Amptenare is besig om die kabel te vervang.

Weens die omvang van die werke sal toevoer moontlik teen 16:00 vandag herstel wees.

Inwoners van Springbok sal ook moontlike watertekorte ondervind omdat water nie na 6 die Megaliter reservoir kan pomp nie weens die foutiewe kabel.

Amptenare is reeds besg om hierdie kabel ook te herstel.

Die herstel van toevoer na Springbok Inn sal daarna plaasvind.

Daar is ook probleme by die ESGEE substasie area gerapporteer waaraan daar ook aandag gegee word.

Inwoners word hiermee ingelig dat versoeke om herstel van straatligte nie op hierdie stadium kan geskied nie.

Nama Khoi munisipaliteit vra verskoning vir die ongerief

Leave A Reply

Your email address will not be published.