Wêreldprematuurdag vir babas word vandag gevier

“As daardie gevoel oor my gekom het, het ek net na my dogtertjie gekyk, want sy was my hulp, want sy het nooit ophou baklei nie. She is my miracle baby, my warrior princess,” sluit Jacobs af.

0

Wêreldprematuurdag vir babas word vandag gevier.

Dit is ‘n dag wat spesiaal uitgesit is vir die bewusmaking van premature geboortes van babas.

Meeste vroue wat  voor die tyd kraam het nie babaklere, toiletware en of selfs ‘n weggooidoek nie nie.

Candice Jacobs, woonagtig in Okiep het self aan ‘n prematuurbaba geboorte geskenk. 

Haar dogtertjie was op 6 maande gebore, was 28cm en het 900g geweeg.

Baba het baie mediese uitdagings ervaar en was vir 3 maande op suurstof masjiene gekoppel, wat haar gehelp het om asem  te haal.

Die rede daarvoor was dat haar longe onder ontwikkeld was en het daartoe gelei dat sy infeksies opgedoen het wat te hoog was.

“Casey het ‘n gaatjie in haar hartjie gehad en dit was ‘n gesukkel elke dag, veral wanneer die dokters kom sê het dat sy ‘n 50/50 kans tot oorlewing het en dit het daartoe gelei dat ek  in depressie verval het,” het Jacobs gesê.

Sy vertel dat God hulle  dag vir dag deurgedra het.

Jacobs het baie ondersteuning gehad van mense wat saam met haar gebid het.

Dit was nie goed vir haar om van haar familie en vriende verwyderd te wees nie, maar het deurgedruk ter wille van haar babadogtertjie.

Haar dogtertjie was op daardie stadium ‘n vegtertjie.

“Ek het  gedink my baba sal dit nie maak nie, maar sy het bewys dat sy ‘n sterk veggees het.

Vir 3 maande het so  gegaan en al wat ek kon doen was om by die voete van Jesus te bly en op Hom bly vertrou,” vertel Jacobs.

 Haar geloof in die Here het sterker geword en sy het begin om nie meer te glo in wat die dokter sê nie, maar het aanhou bid.

Daar was dae wat sy gevoel het dat sy kan opgee en net wegstap.

“As daardie gevoel oor my gekom het, het ek net na my dogtertjie gekyk, want sy was my hulp, want sy het nooit ophou baklei nie. She is my miracle baby, my warrior princess,” sluit Jacobs af.

Leave A Reply

Your email address will not be published.