Werknemer van drankwinkel inhegtenis

"Die waarnemende stasiebevelvoerder het lede vir hul waaksaamheid geloof ."

0

‘n 36-Jarige werknemer van ‘n drankwinkel het na verwagting Maandag 26 Julie 2021 ‘n kort verskyning voor die landdroshof in Prieska gemaak.

Die persoon is op Saterdag 24 Julie 2021 omstreeks 17:30 in hegtenis geneem.

Hy is op heterdaad betrap waar hy drank aan die publiek verkoop het.

Polisie woordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat lede van die Prieska Sigbare Polisie besig was met misdaadvoorkomingspatrollies in die midde dorp, toe hulle verdagte aktiwiteite in die drankwinkel opgemerk het.

Die waarnemende stasiebevelvoerder het lede vir hul waaksaamheid geloof .

Die verdagte is in besit van kontant gevind, wat deur die onwettige drankhandel verkry is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.