Wie het gesê rymklets is nie vir vroue nie?

"Woela Wyf, beeld uit wie sy is, hoe sy dinge doen, hoe sy dinge aanpak, waarvandaan sy kom , waar sy gebore is en waar sy haar elke dag bevind."

0

“Kap aan en wys hulle”, is die wyse woorde van die eerste vrouerymkletser op Jou storie en haar liefde vir rymklets kom van alles wat rondom haar gebeur.

Kaecee Pheiffer gebore in Wolseley in Kaapstad vertel haar pa was destyds die eienaar van ‘n disco en dat haar hele familie baie lief vir musiek is.

Dit het ‘n groot impak op haar as kunstenaar gehad.

Haar oorspronklike plan was om ‘n lugwaardin te word, maar verkeerde keuses het daardie droom beïnvloed, soos tattoos op haar liggaam wat haar pad versper het.

 

Diè oulike kunstenaar skryf haar eie musiek en sê sy maak seker sy skakel alle negatiwiteit uit, kry ‘n stil omgewing en dan luister sy na die “beat” vir so ‘n paar uur dan begin vloei die woorde vanself.

Haar nommer een producer is Breimasjien, “Hy ken en verstaan my kuns en ek kan nog nie my eie beats maak nie en ek verkies dit so”, vertel Kaecee.

Pheiffer se “favorite song”, Woela Wyf, beeld uit wie sy is, hoe sy dinge doen, hoe sy dinge aanpak, waarvandaan sy kom, waar sy gebore is en waar sy haar elke dag bevind.

Radio Goodhope FM in Kaapstad het al drie van haar snitte op hul playlist en dis op “rotation” vir ‘n paar maande al, twee is vanaf KAEECE EP geneem en een van die nuwe album waarmee sy tans besig is.

Sy het al opgetree by die CANSA Association in Worcester asook op Expression Session se online session.

Sy gaan binnekort haar verskyning maak in ‘n Suid Afrikaanse kunstenaar se musiek video wat een van die dae uit sal wees, maar kan nie veel daaroor uitbrei nie.

Haar ondersteuningsstruktuur is wonderlik veral in haar tuisdorp, waarvan sy en haar familie gereeld vorendag kom met nuwe idees. Sy put genot daaruit en dit motiveer haar om nie te stop nie.

Die grootste uitdaging in die musiekbedryf was en is nogsteeds die pandemie, die stuggle vir “gigs”.

Kovid 19 het ‘n positiewe uitwerking op haar, sy sê dit het vir kalmte oor haar gebring en haar gehelp om haar stem te vind. Dit het ook die beste uit haar gebring.

“Dis baie moeilik om deur te breek in die industrie. Ek dink mense verstaan nie hoe moelik dit is om in Afrikaans te rymklets nie, maar dis my taal en dis hoe ek myself uit druk”, sê sy met trots.

Dit hang van jouself af of jy wil “ge-victimise” word deur die mentaliteit dat mans meer voorkeur geniet as vrouens,” sê Pheiffer.

Man of vrou moet hard werk om ‘n sukses van hul loopbaan te maak.

Daarby is sy ‘n voltydse jeugambassadeur vir haar plaaslike munisipaliteit Witzenberg en doen ook muurgraffiti in haar vrye tyd.

“Ek sien myself as ‘n leier waarna ander kan opkyk en leer uit my onvolmaakthede, goeie kwaliteite, my lewensreis as jong dame en as kunstenaar,” sê sy.

Haar raad aan jong opkomende vroue rymkletsers is “kap aan” en wys hulle.

Moenie laat enige iemand jou stop of sê jy kan dit nie doen nie, want niemand weet of jy dit regtig kan doen en as jy jou mind op enige goal of droom sit en glo in jouself dan kan jy!

Leave A Reply

Your email address will not be published.