Winkel-eienaar in hof vir die handel in drank

0

Die Kakamas-polisie het op Woensdag, 2 September, ’n kruidenierswinkel-eienaar in hegtenis geneem, vir die onwettige handel in drank.

Die polisie het inligting ontvang oor die eienaar wat onwettig drank verkoop vanuit sy kruidenierswinkel, en ‘n ondersoek geloods.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Prins, bevestig dat die polisie drank ter waarde van meer as R30 000, in die winkel gevind het.

“’n 39-Jarige man is in hegtenis geneem en die polisie het die onwettige alkohol gekonfiskeer.”

Die verdagte sal na verwagting vandag, 4 September, in die Kakamas-landdroshof verksyn, op ‘n klag van die onwettige handel in alkohol.

Leave A Reply

Your email address will not be published.