YEDWA veiligheidshuise in Namakwaland

0

YEDWA-veiligheidhuise is ’n projek wat onlangs in die Namakwa-distrik geloods is.

Die huise is veilige hawens vir vroue, kinders en transgender vroue, wat gebuk gaan onder geslagsgebasseerde geweld.

Hierdie stories maak altyd opslae op sosiale media, maar gemeeskapslede vergeet soms dat dieselfde insidente onder ons neuse plaasvind.

YEDWA-veiligheidshuise wil standpunt inneem en eienaarskap vat van ons eie mense en hul welstand.

Richie Cloete het gisteraand in ’n onderhoud op NFM verduidelik hoe die projek gaan werk.

” ‘n Persoon wat ‘n krisis of trauma situasie ervaar het, sal deur die polisie opgeneem word en verwys word na die YEDWA krisis sentrum in Springbok.”

Afhangende van die behoefte en dienste wat die slagoffer benodig, sal die persoon verplaas word na ’n huis van veiligheid.

Die persoon sal 3-6maande gehuisves word.

Inwoners van die huis sal toegerus word met ekonomiese vaardighede.

Die persoon sal ook vaardighede aangeleer word, oor hoe om haarself en haar kinders te beskerm wanneer sy uiteindelik die huis verlaat.

“Sy moet na haarself kan kyk wanneer sy uit die veiligheidshuis stap.”

YEDWA is nie-winsgewende organisasie, in samewerking met alle staats-departemente in die omgewing.

Opknappingswerke word tans aan die geboue gedoen en ’n onthullingsdatum is nog nie bekend nie.

“Stel tog net belang!”, is die woorde wat beklemtoon word deur Richie Cloete.

Cloete sê sodra mense belangstel, sal hulle iets aan ’n saak kan doen.

Die gemeenskap se hulp word benodig om kwesbare groepe te help.

Leave A Reply

Your email address will not be published.