ZF Mgcawu het die meeste KOVID-19 gevalle in die Noord-Kaap aangeteken

"Die provinsie se gemiddelde herstelpersentasie staan op 89%, wat 'n kummulatiewe totaal van 53 590 mense verteenwoordig wat van KOVID-19 herstel het."

0

Die Nasionale Departement van Gesondheid het die afgelope 24 uur ‘n bykomende 160 mense aangekondig wat positief getoets is vir KOVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die provinsie se totaal tot op 60 333 mense.

Die ZF Mgcawu-distrik het die hoogste infeksies met 62 aangeteken; gevolg deur Frances Baard en Namakwa met 34 elk, JT Gaetsewe (21) en Pixley ka Seme, terwyl twee gevalle nie toegedeel is nie.

Daar is ses (6) KOVID-19-sterftes in die provinsie aangemeld.

Die totale kummulatiewe sterftes in die provinsie het tot 1 402 toegeneem.

Die aantal aktiewe gevalle het aansienlik afgeneem tot 5 339 as gevolg van ‘n verbeterde herstelpersentasie.

In die nuwe verslaggewing het 1 423 mense herstel. Dit sluit in herstel van vorige maand as gevolg van dataverifiëring.

Die provinsie se gemiddelde herstelpersentasie staan op 89%, wat ‘n kummulatiewe totaal van 53 590 mense verteenwoordig wat van KOVID-19 herstel het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.