By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 03 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Noord-Kaapse provinsiale regering vier vroue tydens vrouemaand
Terwyl ons Vrouemaand vier, vereer die Noord-Kaapse
provinsiale regering vroue wat groot vordering maak om te verseker dat hulle sosio-ekonomiese geleenthede vir die bemagtiging van vroue versnel. "Woman
Of The Day" LUR Fufe Makatong is verantwoordelik vir die Noord-Kaapse
departement van paaie en openbare werke. Gebore in die Noord-Kaap, glo LUR
Makatong dat die skep van geleenthede en bemagtiging van vroue, jeug en mense met
gestremdhede nie begin en stop by opleiding en vaardigheidsontwikkeling nie,
maar deur regeringsbeleide, wat volle deelname van vroue in die bestuur van 'n
inklusiewe ekonomie deur verskeie intervensies.