By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 03 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Noord- Kaapse premier besoek Richtersveld op Vrouedag
Noord-Kaapse Provinsiale Regering is geskeduleer om 2023
Vrouedag by Port Nollorth in die Richtersveld-munisipaliteit te herdenk. Die
geleentheid sal herdenk word onder die tema "Versnelling van
sosio-ekonomiese geleenthede vir vrouebemagtiging". Die hoof spreker by
die geleentheid sal wees die Noord- Kaapse premier dr. Zamani Saul. Premier
Saul sal vergesel word deur die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, me. Desery
Fienies, saam met ander lede van die Uitvoerende Raad en plaaslike leierskap.