By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 11 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Gemeenskap interaksie op Poffader deur NCEDA aangaande die Namakwa Ekonomiese Sone
Die Namakwa Ekonomiese Sone het gister op
Pofadder in die Khai Ma munisipaliteit plaasgevind.
Die gemeenskap was deel van die
interaksie om hul stem te laat hoor.
Die speaker van die Khai Ma munisiplaiteit,
mnr. Johnny Bock, was opgewonde met die aankondiging van die ontwikkeling wat
gaan kom na die streek, wat dus vooruitgang vir die streek is.
“Vele besighede kan floreer en
gemeenskappe kan baat daaruit vind. Die wettige roete was gevolg wat daartoe
gelei het dat die regering dit goedgekeut het,” het Bock gesê.
Die hoof direkteur van die departement
handel industrie, mededinging en kompetisie het genoem dat dit n lang reis was
omte kom tot waar hulle nou is.
Die belangrikste was die byeenkoms met
die gemeenskap om terugvoering te ontvang.
"Vorige ontwikkeling was dalk nie
tot voordeel van die gemeenskap nie. Die provinsiale regering het gesê, laat ons
die mense aanboord kry," het hy gesê.
Hendrik Louw, hoof uitvoerende bemapte
van Nceda, het gesê dat die Noord-Kaap 33% van Suid-Afrika se grondmassa het.
In sy voorlegging het hy genoem dat hulle
visie is om die katalisator vir Ekonomiese groei en integrasie regdeur die
Wes-SAOG te wees.
Related News