Die Burgemeester van die Ricthersveld plaaslike munisipaliteit, Cornell Knoph het gister ‘n suksesvolle Burgemeesters Imbizo op Eksteenfontein aangebied vir lede van die gemeenskap. “Die munisipaliteit kan nie antwoorde gee vir die departemente nie, elke departement moet verantwoordelikheid vat vir dienste wat gelewer moet word en dat ons almal tot diens van die mens is”, het Knoph gesê. Daar was besluit om die regering na die mense toe te bring. Die Imbizo was om te besin oor wat verkeerd gedoen word in die munisipale gebied. Hoe die munisipaliteit kan verbeter op wat die leemtes wat die gemeenskappe ervaar en om haalbare oplossings te vind. Die gemeenskap het hul misnoeë tenoor die teenwoordigers van die verskeie departemente uitgespreek.