By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 22 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Crime
Hoë misdaadsyfers in Noord-Kaap rede tot kommer
Die hoë
misdaadstatistieke in die Noord-Kaap wek kommer.
Dis
volgens die DA se Ofentse Mokae. Volgens die jongste syfers het moorde, pogings
tot moord en ontvoerings drasties toegeneem.
Mokae sê
polisiestasies met gebrekkige hulpbronne in die provinsie het ook gelei tot ‘n
styging in misdaad.
Hy sê die party wil hê die regerende party in die
provinsie moet polisiehulpbronne verbeter om die lewens van sy inwoners, veral
vroue en kinders, te beskerm.