By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 25 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Kimberley-polisiebeamptes is met hul eie wapens vermoor
Die
minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig dat die twee polisiebeamptes wat
Dinsdag in Kimberley in die Noord-Kaap vermoor is, met hul eie wapens vermoor
is. Die twee beamptes het ‘n voertuigdiefstalverdagte agternagesit toe hulle
doodgeskiet is. Die polisie het intussen ‘n 38-jarige verdagte in hegtenis
geneem. Hy het gister in die hof verskyn. Cele sê die verdagte is al verskeie
kere vantevore in hegtenis geneem, maar is altyd deur die howe vrygelaat.